Sutta Nipāta 3.10
Hellevaart
Aldus het ek gehoor:
By geleentheid het die Deurlugtige in die buurt van Savatthi gewoon, in die Jeta-plantasie in Anathapindika se park. ’n Monnik, Kokaliya, het na die Deurlugtige gekom, hom gegroet, eenkant gaan sit en aan die Deurlugtige gesê:
‘Heer, Sariputta en Moggallana het slegte begeertes; hulle is onder die invloed van slegte begeertes.’
Ná hierdie woorde sê die Deurlugtige aan die monnik Kokaliya:
‘Nee, Kokaliya! Nee, Kokaliya! Suiwer jou gees teenoor Sariputta en Moggallana. Sariputta en Moggallana gedra hulle goed.’
’n Tweede maal sê Kokaliya aan die Deurlugtige:
‘Die Deurlugtige Heer is volgens my geloofwaardig en betroubaar—maar nogtans, Sariputta en Moggallana het slegte begeertes; hulle is onder die invloed van slegte begeertes.’
’n Tweede maal sê die Deurlugtige aan die monnik Kokaliya:
‘Nee, Kokaliya! Nee, Kokaliya! Suiwer jou gees teenoor Sariputta en Moggallana. Sariputta en Moggallana gedra hulle goed.’
’n Derde maal sê Kokaliya aan die Deurlugtige:
‘Die Deurlugtige Heer is volgens my geloofwaardig en betroubaar—maar nogtans, Sariputta en Moggallana het slegte begeertes; hulle is onder die invloed van slegte begeertes.’
’n Derde maal sê die Deurlugtige aan die monnik Kokaliya:
‘Nee, Kokaliya! Nee, Kokaliya! Suiwer jou gees teenoor Sariputta en Moggallana. Sariputta en Moggallana gedra hulle goed.’
Toe staan die monnik Kokaliya van sy sitplek af op, groet die Deurlugtige eerbiedig, stap om hom, en vertrek.
Kort nadat die monnik Kokaliya vertrek het, slaan sy hele liggaam met swere so groot soos mosterdsade uit, wat so groot soos ertjiepitte geword het, toe soos boontjiepitte, soos bessiepitte, soos bessievrugte, groter vrugte, groen kwepers, en uiteindelik ryp kwepers. Toe bars hulle oop, en etter en bloed loop uit. Die monnik Kokaliya het van daardie siekte gesterf en is in die Paduma-hel hergebore omdat hy sy gees teenoor Sariputta en Moggallana verstok het.
Brahma Sahampati, wat met sy glansende voorkoms die Jeta-plantasie naglank verlig het, het na die Deurlugtige gekom, hom gegroet, eenkant gaan staan en aan die Deurlugtige gesê:
‘Heer, Kokaliya is dood, en ná sy dood is hy in die Paduma-hel hergebore omdat hy sy gees teenoor Sariputta en Moggallana verstok het.’
Na hierdie woorde groet Brahma Sahampati die Deurlugtige eerbiedig, stap om hom, en verdwyn. Teen die einde van die nag sê die Deurlugtige vir die monnike:
‘Teen die einde van laasnag het Brahma Sahampati wat met sy glansende voorkoms die Jeta-plantasie naglank verlig het, na my gekom, gegroet, eenkant gaan staan en gesê: “Heer, Kokaliya is dood, en ná sy dood is hy in die Paduma-hel hergebore omdat hy sy gees teenoor Sariputta en Moggallana verstok het.” Ná hierdie woorde het Brahma Sahampati my eerbiedig gegroet, om my gestap, en verdwyn.’
Toe sê ’n sekere monnik aan die Deurlugtige:
‘Heer, hoe lank duur lewe in die Paduma-hel?’
‘Monnik, lewe in die Paduma-hel duur baie lank—só lank dat dit moeilik in terme van jare, honderde jare, duisende jare of honderde duisende jare gereken kan word.’
‘Maar, heer, kan dit met iets vergelyk word?’
‘Ja, monnik! Dink aan ’n Kosala-wavrag van twintig mate sesamsaad, en aan die einde van elke honderd jaar neem ’n man een saadjie. Daardie Kosala-wavrag van twintig mate sesamsaad sal gouer opgebruik raak as een Nirabbuda-hel; twintig Nirabbuda-helle is soos een Ababa-hel; twintig Ababa-helle is soos een Ahaha-hel; twintig Ahaha-helle is soos een Atata-hel; twintig Atata-helle is soos een Kumuda-hel; twintig Kumuda-helle is soos een Sogandhika-hel; twintig Sogandhika-helle is soos een Uppalaka-hel; twintig Uppalaka-helle is soos een Pundarika-hel; en twintig Pundarika-helle is soos een Paduma-hel. Die monnik Kokaliya is in die Paduma-hel hergebore omdat hy sy gees teenoor Sariputta en Moggallana verstok het.’
So het die Deurlugtige, die Welgekome, die Meester gesê, en vervolg:
‘Mens word gebore
met ’n byl in jou mond;
dwaas, jy kap jouself raak
as jy kwaadpraat.Prys waar berispe gepas is
of berispe waar prys gepas is
en jy maak met jou mond bymekaar
kwaad wat geen geluk bring nie.A1 kos dit jou al jou besittings en jou eie siel, is jou verlies
met die rol van die dobbelsteen gering
gemeet aan die skade van haat
teen hulle wat goed deur die lewe reis.Wie in woord en gedagte kwaadwillig
’n edel mens laster
gaan hel toe
vir ewig.Wie valse stories opdis
en homself loslieg
gaan hel toe
in die hiernamaals
gelyk aan alle misdadigers.Boosheid
wat die dwaas teen ’n suiwer mens uitmeet
waai in sy gesig terug
soos stof teen die wind gestrooi.Hebsugtig
troueloos selfsugtig en suinig inhalig
is jy kwaadpraat se prooi,
kom ander gedurig te na
met iou taal.Met jou vuil mond
moet jy liewer nie veel sê nie,
anders is jy hel-gerig
onedel mens, troueloos, onwaardig, vernietigend, kwaadstigtend, gemeen, boos.Jy wat met kwaadpraat aan goeie mense skade doen
versprei besoedeling tot jou eie verdriet.
Omdat jy in boosdoen leef
gaan jy vir lank die afgrond inwant geen daad verdwyn maar net nie—
dit kom terug en beland in sy maker se skoot.
Wie kwaaddoen is dom:
hy beleef sy leed in die wêreld hiernawant in die plek waar hy heengaan
boor skerppuntpenne van yster deur hom
gepas soos ’n ysterbal witwarm gloeiend
gaan kos in sy mond in.Daar is geen stromende vloed van koel woorde
wat mense beskermend omring nie.
Hulle gaan brandstapels binne
waar hulle uitgestrek op beddens van gloeiende kolein nette verstrengel
met hamers van yster geslaan
die dik duisternis binnegaan
wat om hulle uitstrek so groot soos die aarde selfvoor hulle in die brandende vuur
in ’n kokende koperpot klim
en vir ’n lang tyd
al spartelend gekook word.In ’n mengsel van verrotte bloed en etter
word die boosdoeners gekook
en waar hulle ook al beweeg
verrot hulle van die aanraking.Uit die ronde gladde-rand potte
waar hulle kook
in water vol wurms
kan hulle nie kom nie.In ’n skerp meslem-woud
word hul liggame stukkend gesny
en tonge met hake deurboor,
word hul aanhoudend gemartel.In die gevaarlike strome van Vetarani
wat sny soos skerp lemme
stort die gekke
wat kwaad aanrig.Swerms swartbont kraaie en aasvoëls
en honger honde en jakkalse
skeur en vreet
aan die skreeuendes.Helaas, ellende
aanskou die boosdoener hier.
Dus, vir die res van jou lewe o mens,
doen wat gedoen moet word
sonder bedwelming.Solank as wat dit kos (so sê dié wat getel het en weet)
om waens vyf maal ontelbaar plus twaalfhonderd maal eindloos in aantal
elkeen sesamsaad belaai
’n saadjie ’n eeu
in die hel van Paduma leeg te draen so lank as wat helletoestande
in hierdie lewe pynlik genoem word—
so lank sal jy daarin moet bly.
Daarom, te midde van eienskappe suiwer, lieflik en goed
bewaak gedurig jou taal en jou gees.’