Sutta Nipāta 2.10

Word wakker!

Word wakker! Sit regop!
Watter voordeel het julle van slaap?
Hoe kan julle slaap in siekte, deurboor met die plaende pyl?

Word wakker! Sit regop!
Oefen hard om vrede te kry
dat die doodsvors wat weet van jul laksheid julle nie kan mislei en oorwin nie.

Oorwin die hunkering
waarvoor begerende gode afhanklik bly staan,
want wie die goeie oomblik laat gly—moenie!—val huilend in die hel.

Vuil ontsteking
sal op nalatigheid volg—
laat elkeen met waaksame kennis sy eie pyl uitruk.